Farmex Media

Deur Mondli Makhanya.

Baie min mense sal bereid wees om dit te erken, maar daar is ‘n betekenisvolle ondersteunersklub vir Wladimir Poetin in Suid-Afrika.

By diegene wat in die 1970’s en 1980’s getoi-toi, klippe gegooi en “amandla ngawethu” geskreeu het, is daar nog ‘n sterk nostalgie oor die voormalige Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke. Hulle verlang terug na die dae toe die wêreld bipolêr was – sowel in die geopolitieke- as die letterlike sin.

Ek het vandag deur Malmesbury gery waar SASKO besig is om enorme silos langs hul bestaande meul in Bokomoweg op te rig. Ek is seker hierdie uitbreiding sal van die Malmesbury-meul die grootste meul in die suide van Suid-Afrika maak. Ek dink toe by myself: Hoe is dit moontlik dat graankopers dieselfde prys betaal vir Malmesbury boere se koring as vir Riversdal boere se koring?

Deur Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Ingevolge nuwe wetgewing wat tans oorweeg word, sal grondeise heropen word en mense wat meen hulle is van hul grond afgesit, sal nuwe eise kan indien om dié grond terug te kry.

Na raming word 400 000 nuwe eise teen ‘n koste van R200 miljard verwag. Sowel die DA as die ANC het die idee om eise te heropen gesteun, hoewel die DA se beleid hieroor op sekere tegniese aspekte, soos byvoorbeeld die tydperk waarin ‘n eis ingedien kan word, van dié van die ANC verskil.

Deur Elma Klopper

Die stakings in veral die nywerheidsektor het in die derde kwartaal ‘n groter tol van die ekonomie geëis as wat verwag is.

Die teleurstellende ekonomiese groeisyfers wat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag bekend gemaak het, het ekonome deur die bank hul groeivooruitskattings vir die volle jaar laat verlaag.

Die bruto binnelandse produk (BBP) het van die tweede na die derde kwartaal tot geannualiseerde groei van 0,7% ingekrimp. Ekonome het groei van 1,2% verwag.

Deur Mike Schüssler

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het swakker gegroei as wat die meeste ekonome begin vanjaar (2013) verwag het. Dit was ook die geval in 2012 en gaan heel moontlik ook in 2014 die geval wees.

Sedert 1970 het Suid-Afrika gemiddeld 0,8% per jaar swakker gegroei as die wêreldekonomie. Dus is Suid-Afrika ‘n onderpresteerder wat ook een van die hoogste werkloosheidskoerse ter wêreld het.

Deur Mike Schüssler

Suid-Afrika het arbeidsprobleme en dit weet almal. Laas het ek oor die aantal stakings geskryf, maar dit is nie die enigste probleem wat die werkmag betref nie.

Dalk is ‘n groter probleem dat die regering en die vakbonde heeltyd op mislukkings wys en dit bring mee dat daar van die suksesse vergeet word. Die regering vertel mense dat daar drie euwels is wat alles in die land aantas.

Deur Nico van Burick

“Cosatu is volgens my openbare vyand nommer een in hierdie land. Díe organisasie tree net in eie belang op en nie in landsbelang nie,” het dr. Roelof Botha, ‘n ekonoom, by die AMT-vooruitskouingskonferensie in Pretoria gesê.

Hy het gesê dit is belaglik dat die land wat aan die wêreld die beste Grondwet gegee het, die swakste vaar in ‘n globale mededingingheidsopname waarin die arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werkers gemeet is. Uit 148 lande wat gemeet is, het Suid-Afrika die laaste plek beklee.

Deur Johan Coetsee

Die inflasiekoers behoort die volgende drie jaar op 6% te bly. Arbeidskoste sal waarskynlik in díe tydperk met gemiddeld 8% per jaar styg en die prys van brandstof kan jaarliks met 5% tot 15% styg. Die rand gaan waarskynlik lank swak bly.

Dít is die mening van mnr. Mike Schüssler, bekende ekonoom van Economists.co.za. Hy het op Agri Wes-Kaap se kongres by Goudini gesê net vier uit tien mense in Suid-Afrika het werk teenoor 82% in China. Die wêreldgemiddelde is 70%. “Met 40% werkendes, is die land nie volhoubaar nie.”

Deur Hennie Visser

‘n Kaapse koringboer is van mening dat die SAFEX-koring-termynkontrak, regverdige bedinging van werklike vervoerkoste na die fisieke mark, asook die werklike kwaliteit van Suid-Afrikaanse koring, verhinder. Hennie Visser het die siening dat pryse in die fisieke koringmark, nie ‘n weerspiëeling van die werklike vraag-en-aanbod situasie in SA is nie. Hy glo dat boere se onvermoeë om te onderskei tussen die funksionering van die termynkontrak-beurs en die fisieke koringmark, veroorsaak dat hulle nie die tekortkominge in die huidige mark-meganisme insien nie.

Deur Rhoda Kadalie

Daar wen die geriatriese Robert Mugabe se Zanu-PF toe nog ‘n verkiesing en begin hy sy sewende ampstermyn op 89-jarige ouderdom. Skielik ontwaak oudpres. Thabo Mbeki uit sy winterslaap, besing die deugde van dié “vrye verkiesing” en kondig aan dat die mense gepraat het en dat hul reg op selfbeskikking en om hul leiers te kies gerespekteer moet word.